Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Is jy toeganklik? (1)
Dr. John Maxwell skryf: “Vroeër of later sal ‘n man, as hy wys is, ontdek dat die lewe ‘n mengsel tussen goeie en slegte dae, oorwinnings en verliese, gee en neem is. Hy leer dat dié een wat sy humeur verloor gewoonlik alles verloor, dat alle mense soms verbrande roosterbrood vir ontbyt moet eet, en dat hy nie die ander persoon se iesegrimmigheid te ernstig moet opneem nie. Hy leer dat fyngevoeligheid die maklikste manier is om in die moeilikheid te beland, dat deur skinderstories oor te vertel die maklikste manier is om ongewild te raak, dat word-gou-ryk-skemas altyd inmekaartuimel, en dat dit nie saak maak wie die eer kry nie solank die werk net gedoen word. Hy leer dat die meeste ander mense net so ambisieus soos hy is, dat hulle net soveel (of selfs meer) verstand het, en dat harde werk, en nie intelligensie nie, die sleutel tot sukses is. Hy leer dat niemand ooit op eie houtjie die eerste sport kan bereik nie, en dat ‘n mens net deur samewerking kan aanbeweeg na beter dinge. Hy besef dus (saamgevat) dat 98% van die ‘kuns om oor die weg te kom’, afhang van sy eie optrede teenoor ander.”
So, wat van jou? Jesus het gesê: “Pas dus op hoe julle luister,” (Luk. 8:18, NAV). Wanneer laas het iemand nuus aan jou gebreek wat jy nie wou hoor nie. Of sterker gestel, het iemand nie met jou saamgestem nie? Of jou gekonfronteer? As jy nie kan onthou wanneer laas dit gebeur het nie, is jy dalk nie ‘n toeganklike mens nie. Ons kan nie ‘n groter geskenk aan ander gee as om hulle op hulle gemak te laat voel nie.