
Hoe lank gaan jy nog aanhou om vir jouself te sê: “Ek weet ek moet verander, en ek sal – môre”? Jy het die reg om elke aand net voor bedtyd sjokoladekoek en roomys te eet. Dit is “toelaatbaar” maar nie “opbouend” nie, veral nie as jy vetvrye are, suikervrye bloed, ‘n dun middeltjie, die vermoë om ‘n maraton te hardloop, of miskien net genoeg krag om saam met jou kleinkinders te speel, wil hê nie. Jy het die reg om jou tyd en geld te spandeer soos jy wil, maar jy het nie die reg om dit roekeloos te doen en te kla oor die uiteinde daarvan nie. Met elke reg kom ‘n verantwoordelikheid.
As jy slegte gewoontes moet vervang met goeies, is daar net een persoon wat dit
www.radiokansel.co.za



