Hoe praat jy oor jouself?

self2608

self2608Stories en taal vertel iets van jou menswees en persoonlikheid. As jy aanhoudend negatief oor jouself praat en negatief met jouself praat, begin die storie van ‘n stukkende selfbeeld en selfwaarde die kenmerk van jou lewe word.

Dit is nogal belangrik om te besef dat jou prentjie van jouself deur die stemme van ander beinvloed word. Hoe meer jy luister na die negatiewe stemme in die lewe, hoe meer waarde gee jy aan ander se mening oor jou. Uiteindelik moet jy jouself leer ken en ontdek wie jy werklik is losstaande van ander se idees oor jou as persoon..

Onthou altyd ander se persepsies en meings moet geweeg word en dikwels is dit hulle eie subjektiewe mening, dit hoef nie joune te word nie! Aanvaar jou uniekheid, fokus op jou sterk punte en luister na jouself as jy van jouself praat. Dit is nogal belangrik om te besef dat jy nie altyd oor jouself hoef te praat om ‘n goeie selfbeeld te he nie. Nee, dit is die manier hoe jy oor jouself dink. Die vraag is: Wie beheer jou lewe? Die prentjies van ander mense oor jou of jou eie prentjie van aanvaarding en uniekheid!

Na watter stemme luister jy?

Stephan van Heerden (klipkerk.co.za)

Scroll to Top