
Onbelyde sonde sluit ons toe en sluit God uit. As daar versteekte sonde êrens in ons harte is, kan ons nie met selfvertroue bid dat God ons gebede sal beantwoord nie. Maar, as ons Hom vra om ons sonde openbaar te maak, sal Hy. Wanneer ons dit doen, moet ons dit hanteer indien ons die kommunikasiekanale na God wil oophou. As God ons aan ? situasie herinner waarin ons nie die regte ding gedoen het nie, kan ons dit nie net onder die mat vee nie; maar ons moet dit erken en sy vergifnis ontvang.
Wat ons ‘klein dingetjies’ noem, groei tot sondige gewoontes en lewenspatrone. Wanneer God ons sonde aan ons openbaar, moet ons berou hê en daarmee ophou. Ons moet Hom onmiddellik ernstig opneem! Dit beteken dat ons alles in ons mag sal doen om seker te maak daar is geen obstruksie in ons verhouding met Hom nie. Op daardie manier sal ons gebede verhoor en beantwoord word.
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)




