GREYTOWN. – “Ek is deur Jesus van die randjie van die dood teruggebring.“ Foto Brendan Croft Só het die evangelis Angus Buchan gisteroggend tydens die laaste sessie van die Mighty Men-konferensie aan ‘n skare van tienduisende gesê oor die dramatiese vorige dag toe hy twee maal inmekaargesak het. ‘n Klaarblyklik […]
Ek kom vanoggend so 7-15vm by die werk en sluit die werkswinkel oop en dank God vir die werkswinkel, gesondheid en omdat ek Sy vrede en vreugde ervaar.
Die eerste kliënt kom vinnig nader en klim uit sy motor met ‘n koppie Wimpy koffie in sy hand en kla dis nie meer die koffie van ouds nie. ‘n Ander persoon wat ek ken kom van die slaghuis af opgestap met ‘n pakkie vleis en al kouende aan sy biltong grom groet hy so asof dit ‘n stryd is om te lewe.
Ek besluit vandag wil ek luister en ek het goed geluister – nou is dit 6-00nm en ek wil jou vertel wat ek vandag gesien en ervaar het – ouens met baie geld kla oor pryse is te hoog, die biltong man sê daar is amper geen vleis op die rakke nie – die ander ou kla oor ou brood en ‘n ander oor ‘n koue hamburger.
My suster vra my nou net om ‘n CD te toets en kom agter haar CD speler sal moet skoongemaak word en in Knysna vra hulle R80-00 – nee, sy kan dit nie doen nie want sy het nie geld nie.
Ek vertel jou kortliks wat ek vanoggend gesien en ervaar het. Die mense kla en kla en ek wens hierdie klakouse met wie ek net vandag te doen gehad het kon sien en ervaar wat ek vroeg oggend gesien het – ek wonder waaroor hulle dan sou kla – die een ou kla nog sy hamburger is koud en : “hy voel lus en gaan druk dit ……… in Steers se bestuurder se ……….. op.”
JOHANNESBURG. – Die 10-jarige seun van Kestell wat Dinsdag in Potchefstroom ernstig in ‘n rugbywedstryd beseer is, se toestand het “te danke aan gebede” drasties verbeter. Die familie van Willem Jacobs van ‘n plaas in Aberfeldy, Kestell, en leerling aan die Laerskool Truida Kestell op Bethlehem, meen sy spoedige verbetering
Die Here het my vandag uit ‘n situasie gehelp, waar ek as mens, sonder Sy hulp, definitief nie sou oorleef het nie. Ek besef na vandag se gebeure, dat my taak op aarde nog nie voltooi is nie en dat God ‘n plan het met my lewe. Op hierdie oomblik weet ek nog nie wat die plan is nie, maar ek is oortuig daarvan dat ek ook dit binnekort sal weet.
Wat het met my gebeur?
Ek het ongeveer 9 uur vanoggend, terwyl ek eintlik in die Kerk moes wees, maar “te moeg” was omdat ek gister Pretoria toe en terug moes ry, my waterpomp gaan aanskakel.
Toe ek die krag aanskakel het ‘n elektriese stroom my onmiddelik na die vloer, wat van growwe beton gemaak is, geruk. Die kragbron is 380 Volt. Ek het op my rug gelê en gespartel om weg te kom van die elektrisiteit wat deur my liggaam vloei, maar kon nie. Ek het onthou dat ek my hande moet oophou sodat ek nie ‘n geleier vasgryp nie. Omdat die pomp aan’n tydmeganisme gekoppel is wat op 10 minute gestel was, het ek later besef dat as ek vir 10 minute kan uithou, die elektrisiteit self sal afgaan. Ek het baie tyd gehad om te dink maar kon myself nie bevry nie. Een van die dinge waaraan ek gedink het, was dat ek nie gereed is om dood te gaan nie, omdat ek nog baie moet doen voor my drie kinders groot is. Ek het nietemin in elk geval aanhoudend gespartel om weg te kom. In die begin het dit gevoel of ek die elektrisiteit sal kan hanteer, maar later kon ek nie meer uithou nie en moes ek my bewussyn vir ‘n kort tydperk verloor het.
Wat nou met nabetragting vreemd is, is dat ek bewus was dat ek my bewussyn verloor het, dat dit donker voor my geword het en ‘n salige rustige gevoel sonder die elektriese skokke oor my neergedaal het.
Meteens het ek weer die ondraaglike skokke ervaar en (ek dink) my oë oopgemaak. Skielik het ek besef dat ek die Here moet aanroep en geskree:”Here, Here kom help (of red- ek is nie seker nie) my“
Vir nog enkele oomblikke het ek die skokke ervaar en toe het die wonderlikste gebeuternis van my hele bestaan plaasgevind. ‘n Skaduwee het oor my gekom en ‘n gestalte of wese het reg voor my gestaan. Ek kon nie ‘n gesig sien nie maar het die vorm van ‘n mens met ‘n swaar jas(mantel) gesien. Die kleur van die jas was dof-groen. Ek het ook op daardie oomblik ‘n ervaring van gelukkig-tevrede gevoel. Die volgende oomblik, sonder dat ek opgestaan het, het ek myself op my bene ongeveer 3 meter weg van die kragbron bevind en besef dat ek bevry was. Die wese was nie meer daar nie. Die krag was nogsteeds aangeskakel. My mond was vol bloed en ek het dit uitgespuug. Ek het onmiddelik geweet dat my redding die werk van die Here is en Hom daarvoor bedank. Ek het ook die gevoel gekry dat ek nie nou sal sterf nie, maar die Here nogtans gevra om my te help loop tot by die huis omdat ek baie swak was (ongeveer 100m vër) Ek kan onthou dat ek wel huis toe gestap het waarna my vrou my hospitaal toe geneem het.
Afgesien daarvan dat ek mediese hulp nodig het en fisies uitgeput is ,voel ek emosioneel opgewonde oor die gebeure van vandag en het onmiddelik my ervaring met almal wat ek teëgekom, gedeel. Dit voel soos ‘n wonderlike voorreg wat ek ervaar het.
Met nabetragting kan ek nie sê of dit God, ‘n engel, ‘n gerib of wat ookal was wat my gered het nie. Ek het ook nie hande of arms gesien of ervaar dat ek opgetel was en op my bene geplaas is nie. Dit maak ook nie aan my saak nie want ek weet dit was die werk van God. Wat die grootte van die wese was, het ek ook nou mooi oordink. Die mantel was tot op die grond, met deursnee van ongeveer 2 meter heel onder. Ek het geen ledemate gesien nie. Die mantel het soos in die geval van ‘n mens nouer geword na bo. Ek het onder die dak gelê en die wese moes buite reg teen(voor) die dak wat 3 meter hoog was, gestaan het. Omdat ek nie die boonste gedeelte gesien het nie aanvaar ek dat die wese heelwat langer as 3 meter was, miskien 4 meter.
Untitled Document David Funzamo was betrokke by Projek OPRUIM / JESUS SAVES vir die afgelope twee jaar. Ek en David het gisteroggend oor ‘n koppie koffie gesels en ek is so opgewonde oor sy drome en planne. David is in die proses om sy eie besigheid te begin met geld
You will enjoy the new insights that Rick Warren has, with his wife now having cancer and him having ‘wealth’ from the book sales. This is an absolutely incredible short interview with Rick Warren, ‘Purpose Driven Life ‘ author and pastor of Saddleback Church in California
In the interview by Paul Bradshaw with Rick Warren, Rick said:
People ask me, What is the purpose of life?
And I respond: In a nutshell, life is preparation for eternity.
One day my heart is going to stop, and that will be the end of my body– but not the end of me. I may live 60 to 100 years on earth, but I am going to spend trillions of years in eternity. This is the warm-up act – the dress rehearsal. God wants us to practice on earth what we will do forever in eternity.
We were made by God and for God, and until you figure that out, life isn’t going to make sense.
Life is a series of problems: Either you are in one now, you’re just coming out of one, or you’re getting ready to go into another one.
The reason for this is that God is more interested in your character than your comfort; God is more interested in making your life holy than He is in making your life happy.
We can be reasonably happy here on earth, but that’s not the goal of life. The goal is to grow in character, in Christ likeness. This past year has been the greatest year of my life but also the toughest, with my wife, Kay, getting cancer. I used to think that life was hills and valleys – you go through a dark time, then you go to the mountaintop, back and forth. I don’t believe that anymore.
Rather than life being hills and valleys, I believe that it’s kind of like two rails on a railroad track, and at all times you have something good and something bad in your life.
No matter how good things are in your life, there is always something bad that needs to be worked on. And no matter how bad things are in your life, there is always something good you can thank God for. You can focus on your purposes, or you can focus on your problems:
If you focus on your problems, you’re going into self-centeredness, which is my problem, my issues, my pain.’ But one of the easiest ways to get rid of pain is to get your focus off yourself and onto God and others.
Untitled Document Donderdagmiddag, in die etensuur, het mnr. Viaan Bosch (33) ’n hand vol bouwerkers in ’n sementbad op die bouperseel van ’n splinternuwe, luukse hotel in die Kaapstadse Waterfront gedoop. En sommer by die honderd Bybels aan die konstruksiespan uitgedeel ook. Die afgelope twee weke het hy sy laaigraaf
Die meeste van ons onthou Louis Koen as die rugbyspeler met die streeptrui aan wat al die balle oor die pale geskop het of dalk as die een wat 570 punte aangeteken het in sy loopbaan as provinsiale – en klub rugbyspeler. Maar min van ons ken sy hart vir die Here en weet van die voorbeeld wat sy ouers aan hom gestel het as klein seuntjie. JOY! het bietjie gaan uitvind waarmee Louis tans besig is.
Wanneer het jy jou hart volkome aan die Here gegee en hoe het dit jou rugby en die besluite wat jy verder in jou lewe geneem het beïnvloed?
Ek was baie bevoorreg om in ‘n huis groot te word waar my ma en pa verstaan het en gehoorsaam was aan God die Vader se opdrag aan elke ouer: maak jou seun groot volgens My seun, Jesus, se voorbeeld en help hom om ‘n Godsman te wees. My pa het my gewys wat ‘n Godsman is. Ek het in ons huis gesien hoe lief my ouers mekaar het. Ons is grootgemaak in die Woord en het na aan die Here gelewe. Ek het ‘n goeie pakslae gekry as ek stout was en het die waardes en norme wat my ouers in ons huis uitgeleef het, ter harte geneem. Ek het Jesus geken, ek het van Hom geleer en ek het Hom in ons huis ervaar. My pa en ma het ook baie gegee en ek het besef dat dit nooit net oor jouself gaan nie. Ek was nog bevoorreg om altyd liefde te ontvang. Ek was baie klein toe ek my hart vir die Here gegee het. Vir my was dit nie ‘n groot bekering en radikale ommeswaai nie, maar eerder ‘n reis van kleintyd af om God te ontdek.
Sjoe vanoggend (5 November 2008) se boodskappies was presies wat ek nodig gehad het. Ek is ‘n sendeling wat nodig het om ‘n groot besluit te maak, en laas nag het ek baie daarmee geworstel. Toe ek vanoggend op gestaan het het ek gedink ek gaan dit laat vaar want
Praise be to YHWH Elohim. He is moving mightily in the lives of our family. We have seen miracles of various kinds over the past month – both physical and spiritual. The biggest physical miracle happened over the past week in my dad, Piet Nel’s body. The polyp has “disappeared”.