Publications

watter_stem

Is Jesus barbeque of die goeie ou tomato flavour?

watter_stem

My foon lui en ek sien dis onse antie Marion* wat bel. Marion is ons 75-jarige uitreik maatjie wat niks daarvan dink om haar man 02:30 in die oggend wakker te bel om haar na die uitreik te kom haal nie. Sy maak dit gewoonlik af met die woorde:” Hy kan ook bietjie iets vir die evangelie doen.” As dit koud en reënerig is draai Marion haarself toe in baie klere en musse en handskoene. As Marion wil sien wat in Beulah Bar, Bronx, Jo’burg of watter ander nagklub ookal aangaan, dan vra sy om in te gaan, as sy lus is om vir die uitsmyter ‘n drukkie te gee, dan doen sy dit, as sy met iemand oor die Here wil praat, laat sy niks haar keer nie – en almal laat haar toe, want sy is 75 en leef steeds met passie. In die middel van die winter het ek een aand vir die antie gesê sy moet sommer by die huis bly want die weer is te stormagtig. Haar woorde aan my was eenvoudig: “As ek in die dag in die reën kan loop wanneer ek gaan inkopies doen, kan ek ook in die nag in die reën loop. Daar is geen verskil nie. En ek het nie meer veel tyd oor om te leef nie en daar is baie werk. Ek moet net voluit gaan vir Jesus.” En daarmee was die saak afgehandel. Punt.

“Lisa, dis Marion hier. Ek was nou net oppad na my kar toe om saam met julle te kom uitreik, maar ek mag nie uit my huis gaan nie. Daar is blykbaar ‘n gewapende misdadiger in ons straat en die polisie het vir ons almal laat weet dat ons nie uit die huis mag gaan nie, maar ek sal bid. En Lisa, julle moet versigtig wees vanaand.”

En ‘n paar oomblikke later voel ek hoe my selfoon in my jeans se sak vibreer – ‘n sms, weer Marion: “Sê asb vir Esta en Willie dat Nontemba sy Bybel gekry het. Dankie! Ek moes seker tuis bly, want ‘n ander man het nou net sy beloofde Bybel kom haal. Hoe werk die Here!”.

Ons ontmoeting met Joe* het ons egter wakker geskud, laat lag en geïnspireer tot groter hoogtes. Joe is ‘n flambojante karakter met ‘n Pick’nPay sak vol net en satyn en ‘n groot hoed en konsertagtige dinge en ‘n vlymskerp brein.

Is Jesus barbeque of die goeie ou tomato flavour? Read More »

A Man Fell in a Hole

A modern parable, this insightful video illustration examines the life of a man searching through the false promises of other religions and finding his salvation in Christ. Have you ever found yourself stuck in a situation that you couldn’t get out of? And not only that, but you didn’t know

A Man Fell in a Hole Read More »

mission0409

Christen-sendelinge beperk

Seoel – Suid-Korea wil Christen-sendelinge keer om na die Midde-Ooste te gaan aangesien hulle weerloos is teen terreuraanvalle. Volgens staatsamptenare oorweeg die regering beperkings op sendingwerk na sekere lande aangesien dit lewensgevaarlik is vir sendelinge, sowel as vir ander Suid-Koreaners. “Hulle werk is teenstrydig met dié lande se ideologie en

Christen-sendelinge beperk Read More »

plakkerskamp0409

Plakkers word NG-lidmate

Pretoria – Tientalle plakkers in die ooste van Pretoria gaan later vandeesmaand NG-lidmate word. Na verwagting kan soveel as 80 mense uit plakkerskampe in die omgewing later vandeesmaand in die NG gemeente Moreletapark gedoop word. Dit is die vrug op ’n bediening onder plakkers in die omgewing wat sedert vroeg

Plakkers word NG-lidmate Read More »

cross2508

Man se kruistog neem ’n wending

cross2508

TROMPSBURG. – Daar is soveel nood in Suid-Afrika, ook in die Vrystaat, dat hy tot die dag van sy dood met sy kruis op sy skouer sal aangaan om die Here se Woord te verkondig.

Só het mnr. Jacobus Cilliers (47) gister hier vertel. Hy het sowat drie jaar gelede “ ’n boodskap van God gekry” om letterlik sy kruis op te neem en ’n pad saam met Hom te stap.

Sedertdien het hy al duisende kilometers te voet afgelê, menige dorpies en stede besoek en wonderbaarlike dinge beleef. En hy word elke dag meer bewus van God se liefde vir Sy kinders.

Hy loop die paaie net met ’n kruis op sy rug, sy klere aan sy lyf, ’n dun, blou matjie waarop hy slaap, sy Blackberry-foon en ’n baadjie.

Hy vra nooit daarvoor nie, maar gewoonlik gee mense hom kos, ander weer geld dat hy vir hom kan kos koop en verder “betaal God geld in my rekening in” en so bly hy behoue. Dit is wel nie ’n houtkruis nie, maar die amper twee meter lange aluminiumkruis kan ongetwyfeld op die lang pad swaar raak.

Man se kruistog neem ’n wending Read More »

Scroll to Top