
TROMPSBURG. – Daar is soveel nood in Suid-Afrika, ook in die Vrystaat, dat hy tot die dag van sy dood met sy kruis op sy skouer sal aangaan om die Here se Woord te verkondig.
Só het mnr. Jacobus Cilliers (47) gister hier vertel. Hy het sowat drie jaar gelede “ ’n boodskap van God gekry” om letterlik sy kruis op te neem en ’n pad saam met Hom te stap.
Sedertdien het hy al duisende kilometers te voet afgelê, menige dorpies en stede besoek en wonderbaarlike dinge beleef. En hy word elke dag meer bewus van God se liefde vir Sy kinders.
Hy loop die paaie net met ’n kruis op sy rug, sy klere aan sy lyf, ’n dun, blou matjie waarop hy slaap, sy Blackberry-foon en ’n baadjie.
Hy vra nooit daarvoor nie, maar gewoonlik gee mense hom kos, ander weer geld dat hy vir hom
’n Klein wieletjie, wat Cilliers onderaan die kruis aangebring het, help darem vir daardie steil opdraandes. Die kruis het ook ’n radio en luidsprekers en gewoonlik voordat hy ’n dorp binnegaan, openbaar God aan hom watter musiek hy moet speel.
Vyf dae gelede het Cilliers se alleenpad egter ’n drastiese wending geneem. Hy was onderweg na Carnarvon en het langs die N1, net buite Trompsburg, gestaan toe ’n vragmotor verbyry. Skielik het die vragmotor stilgehou en uit die passasierskant het mnr. David Domkrag (30) geklim.
“Ek was op pad na die Oos-Kaap toe ek vir Jacobus daar sien staan het. Die Here het dit aan my geopenbaar om my by hom aan te sluit,” sê Domkrag.
Nou stap hulle twee saam-saam vir dieselfde doel: Cilliers met sy kruis en Domkrag met sy ramshoring. “Ja, dit is wonderlik. Die Here het ons bymekaargebring om van hier af saam deur Suid-Afrika te loop,” beaam Cilliers.
Die twee het gister van hul ervaring in die NG kerk Trompsburg vertel. Met tye het Cilliers hard begin huil en vir gemeentelede gesê die Here se genade is byna ongelooflik. “Ek kon die vrede, die vernuwing en die hoop hier op Trompsburg voel.”
Cilliers en Domkrag gaan nou van hier
Van daar is dit nog nie seker waarheen hulle gaan nie.
Cilliers gaan voort om met die kruis deur die land te stap tot “die wederkoms van Christus”. Domkrag hoop om te
En, nee, hulle doen dit nie vir liefdadigheid nie. Ook nie vir ’n borgskap of kos of klere nie. Inteendeel, hulle is so ernstig oor die saak dat hulle nie eens rekeningnommers bekend wil maak nie. “Ons is heeltemal van die Here afhanklik. Ons loop die pad met geloof en hoop om ons roeping so saam te
Stuur ’n e-pos na moc.oohay@siurksook om met Cilliers in verbinding te tree.
Karen Ebersohn – Volksblad



