Aanneem is sonder omdraai

Aanneem2110

Aanneem2110

Hierdie is die ware lewensverhaal van ‘n vrou en haar aangenome seun.

Sy het 20 jaar vir hom gewag en toe hy drie en ‘n half jaar oud was het haar huwelik verbrokkel.

Sy het hom alleen grootgemaak, maar eers moes sy die trauma van haar egskeiding verwerk en toe word daar bepaal dat hierdie seuntjie ‘n minimale breindisfunksie het.

Haar worsteling met haar eie probleem en die van haar seun s’n, kan ander ouers of ‘n enkelouer met dlieselfde probleme moed gee om aan te hou met aanhou!

Die hulp, omgee en meelewing van mede gelowiges tydens ma se krisistye loop soos ‘n goue draad deur die verhaal.

Sy het na haar egskeiding opgestaan en uitgereik na ander afvlerkkinders van die Here (soos sy dit stel). Sy het wonderlike werk in haar gemeente gedoen en in die sendingveld het sy saarn met haar seun in die okkultgekweldes se lewens ‘n verskil gemaak.

Vandag kyk sy terug: “Die Here was vir my goed!”

As jy dalk graag ‘n kopie van hierdie boek wil bekom kan jy vir Ina Fourie direk kontak by +27 83 458 5956 / +27 51 430 0830 of per e-pos az.oc.nvjmobfsctd-6abcd4@eiruofani

As jy dalk in Bloemfontein woonagtig is, kan jy dit ook by Bloempapier Trust op die rakke kry. Die koste daarvan beloop R 65.00

Scroll to Top