
Eendag het die bevelvoerder besluit om hom die grootste vernedering te gee voor die troepe………hy roep die jong man en beveel hom om die Jeep se sleutels te neem en dit voor in die ry geparkeerde karre te gaan parkeer, wetende dat die jongman glad nie kan bestuur nie.
Die jongman se,”ek kan… nie bestuur nie…” en die bevelvoerder se: “Vra dan jou God vir ‘n wonderwerk”
Die jong man neem die sleutel, loop na die Jeep en begin bid…
Hy parkeer die Jeep perfek waar die bevelvoerder dit wou he.
Toe hy uitklim, sien hy dat almal huil, hulle sê vir hom. “Ons wil jou God dien” die jong man vra wat aangaan, waarop die bevelvoerder die enjinkap oplig en hom wys dat die jeep glad nie eers ‘n enjin het nie.
Die jong man se vir hom; “Dit is die God wat ek dien, die God wat die onmoontlike kan doen, wat lewe kan gee aan dit wat nie bestaan nie.



