
Dink hieraan: jy is nie wie ander sê jy is nie, so hoek om moet hulle vir jou ‘n naam gee? Bepaal wie jy is voor God. Laat Hy jou sukses bepaal. Hoekom kan ander hul potensiaal verwesenlik, maar nie jy nie? Jy is meer as jou verlede, jou onderrig of jou CV, meer as die kleur van jou vel, jou bankrekening of jou omstandighede. As iemand op jou neersien of jou minderwaardig laat voel, moet jy vir hulle sê: “Jy verwar my met iemand anders. God sê ek is ‘n prins. En as ek ‘n prins is, moet ek soos een behandel word!” Dalk wonder jy of dit waar is. Ja. Die Bybel sê as jy saam met God wandel, maak jy deel uit van ‘n konklike priesterdom. (1 Pet 2:9). So droog jou trane af, tel jou kop op, maak reguit jou skouers en aanvaar die identiteit wat God jou gegee het.
Bron : Radiokansel


