Op elf-jarige ouderdom het John se pa hom begin voorberei om by die Britse Vloot aan te sluit. Maar John het geen dissipline gehad nie. Hy het met minagting teenoor gesag opgetree en sy Christelike mede- bemanningslede gespot. Een aand het hy wakker geword en gesien hoe sy kajuit opvul met water; die een kant van die skip het ingetuimel. Normaalweg sou hierdie soort skade ‘n skip in minute laat sink het, maar die ligte vrag het vir hulle ekstra tyd gegee. John het gehoor hoe een van die matrose uitroep: “Ons is almal daarmee heen!” en sy lewe het voor hom verbygeflits. In daardie oomblik het hy berou gehad en sy hart aan Christus gegee. Dit is ‘n gebed wat hy maklik sou kon vergeet het omdat die skip nie daardie aand gesink het nie. Maar hy het dit onthou – en uiteidelik ‘n dienaar van God, prediker en skrywer geword. John Newton kan dus ook soos Paulus sê: “Aan my.is hierdie onverdiende goedheid gegee om.die onmeetlike rykdom van Christus te verkondig” (Ef 3:8 NLV).
Hierdie klein storie vertel ‘n groter storie – en die groter storie hier is dat John Newton uiteindelik die gesang “Amazing Grace” geskryf het om sy bekering tot God te beskryf. Jy het dit dalk al self gesing. Amazing grace! How sweet the sound that saved a wretch like me! I once was lost but now am found, was blind but now I see! Through many dangers, toils and snares I have already come: ‘this grace hath brought me sage thus far and grace will lead me home.
Die genade wat ons red is “onmeetlik”. Ons sal dit nooit verstaan nie. Dit is hoekom die laaste versie van hierdie gesang sê: “When we’ve been there ten thousand years, bright shining as the sun; We’ve no less days to sing God’s praise, than when we first begun.”
© radiokansel.co.za