Fokus op jou sterk punte

shed1108

shed1108Paulus het vir Timoteus aangemoedig om op sy sterkpunte te konsentreer: “Moenie die geestelike gawe verwaarloos wat jy ontvang het nie.” (1 Tim 4:14 NLV). Gefokusde mense steek nie hul tekortkominge weg nie, hulle fokus op hul sterkpunte!

Daar word die storie vertel van ‘n paartjie wat ‘n plaas gekoop het. Die vrou wou eers ‘n huis bou, en die man wou eers ‘n stal bou vir die diere. Dit het op ‘n stryery uitgeloop, totdat die man gesê het:

“Ons moet eers die stal bou – want dit sal ons in staat stel om die huis, die motorhuis, die graanskuur en ‘n speelplek vir die kinders te bou!” Wanneer jy fokus op prioriteite, sal alles anders ook in plek val.

Anthony Campolo sê: “Die dinge waartoe jy jouself verbind, het ‘n invloed op wie jy is. Dit is die toekoms wat jou slyp, nie jou verlede nie. Die doelwitte wat jy vir jouself stel, sal grootliks bepaal wie jy is – meer as wat in die verlede met jou gebeur het. Waarheen is jy oppad?

Deur op jou swakhede te konsentreer, is soos om ‘n sak vol munte te hê – sommige goud en ander koper – en dan te besluit om die goue munte te bêre en al jou tyd te spandeer om die koper munte blink te vryf in die hoop dat hulle meer waardevol sal word. Dit maak nie saak hoeveel tyd jy daaraan spandeer nie – hulle sal nooit soveel waarde hê as die goue munte nie. Spits jouself daarom toe op die sterkpunte wat God vir jou gegee het!”

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)

Scroll to Top