Dit verg moed om God te volg. Ander mense begrens jou en dis nie maklik om uit te breek nie. Mense sal jou ook veroordeel as jy probeer uitbreek. Die mense van Jesus se tuisdorp het gesê, ‘Is hy dan nie maar net die timmerman se seun nie?’ (Matteus 13:55). Hulle het eintlik bedoel, ‘Hy moet sy plek ken!’
Moenie jou aan sulke menings steur nie. ‘Elkeen van ons sal dus oor ons eie doen en late voor God verantwoording moet doen’ (Romeine 14:12). Tydens die finale oordeel sal jy besef dis verkeerd om ander te oordeel, maar dis net so verkeerd om toe te laat dat ander se opinie aan jou voorskryf. ‘Maar gelukkig is die mense wat op die Here vertrou en hulle verwagting in Hom stel.’ Jy kan God nie volg as jy nie vertrou dat Hy jou ten spyte van jou tekortkominge liefhet; ‘n definitiewe plan vir jou lewe het; en wat Hy ook al van jou vra, Hy jou in staat sal stel om dit te doen. Wanneer jy eenmaal weet wat jou roeping is, wees dan vasberade! Waardevolle dinge word nooit maklik verkry nie.
Wanneer jy swak voel, vra God om deur Sy Gees aan jou krag te gee. Wanneer jy begin twyfel, dink aan wat God aan die begin gesê het en bly dan daarby. Moenie ‘n ander rigting inslaan oor bekommernis, mismoedigheid of die menings van ander nie. Jy beskik oor die nodige om ‘n sukses van jou Goddelike roeping te maak. As Jesus die Here van jou lewe is, leef Sy vasberadenheid in jou – want Hy leef in jou
Bron : Radiokansel