God se almag (2)

ImageGod se almag het twee kante – aan die een kant lê God se inisiatief en aan die ander kant lê ons reaksie daarop. Paulus skryf: “En nou . op grond van die groot ontferming” het ons die verantwoordelikheid om: (a) Die begeerte te onderdruk om te swig onder die druk van ‘n wêreldsisteem wat ons in die verkeerde rigting wil trek, (b) ons gedagtes elke dag te vernuwe deur gebed en die lees van God se woord, (c) God se wil vir ons lewe te herken en daarvolgens te leef.

Paulus stop nie daar nie. Hy sê verder: “Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense,” (Rom. 12:9-17, NAV).

God se almag beteken nie dat ons vrygestel is van enige verantwoordelikheid nie. Ons moet steeds belangstel in die verlore wêreld moet wees, besluite maak, en uitmuntendheid na streef. Isaac Watts het die betekenis van God se almag saamgevat in die volgende woorde: “Al sou ek die hele natuur hê om as offer te gee, sou dit steeds te klein wees. ‘n Liefde so ongelooflik, so goddelik eis my siel, my lewe, my alles!”

© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)

Scroll to Top