Integriteit

picknick

picknickChuck Swindoll vertel van ‘n man wat vir hom en sy vriendin kitskos gekoop het. Op een of ander manier het die opbrengs van die dag se verkope, en nie die kos nie, in die wegneemhouer beland; ‘n emmer geld en nie middagete nie. By hulle piekniekplek aangekom, het die paartjie ontdek hulle het veel meer as kos gekry!  Die man was ánders – hy het die geld teruggesit en teruggery. Die bestuurder van die kitskosplek was teen daardie tyd natuurlik al rasend. ‘Meneer Eerlik’ stap toe in en word ‘n kitsheld. “Ek het kom kos koop, maar toe al dié geld gekry,” het hy gesê. Die bestuurder was verheug en het gesê, “Jou foto moet in die koerant kom, jy is regtig een van die eerlikste mense wat ek nog ooit teëgekom het.” Waarop die ander man dadelik reageer, “Nee, moenie dít doen nie!” Toe het hy nader geleun en gefluister, “Jy sien, die dame saam met my is iemand anders se vrou.”

 

Paulus skryf, ‘Staan dus vas deur waarheid as ‘n gordel om julle heupe te dra en trek God se vryspraak as borsharnas aan.’ (Efesiërs 6:14 NLV). Paulus het na die leergordel wat Romeinse soldate om hulle middel gedra het om hulle lende te beskerm en wat ook die skede vir hulle wapens was, verwys. Die gordel het die Romeinse tuniek in plek en bymekaar gehou, sodat dit nie aan iets kon vashaak nie. So is dit met jou geestelike weerbaarheid gesteld: integriteit beskerm jou en hou alles bymekaar.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top