Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Wees gereed (3)
Een van die belangrikste vrae wat jy vir jouself kan vra, is: “Waarvoor moet ek nou eintlik voorberei?” Jy wil nie die flater begaan wat ‘n deelnemer aan ‘n skoonheidskompetisie onlangs begaan het nie. Sy het vir die aanbieder van ‘n geselsprogram gesĂȘ: “My doel is om wĂȘreldvrede te bewerkstellig – en om my eie woonstel te kry.” Vra vir God wat jy veronderstel is om te doen en hou aan om dit te vra totdat jy duidelike instruksies kry vir jou volgende (of dalk jou eerste) tree.
Daar is soveel beginsels in die Bybel wat werk, of jy nou saam met God loop of jou eie koers inslaan. Wees versigtig dat jy nie vir God probeer gebruik eerder as om Hom toe te laat om jou te gebruik nie. “Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Wat op die ou end die belangrikste is, is nie wat ander van jou lewe sĂȘ nie, maar wat God sĂȘ.
Die waarheid is dat alle prestasies uiteindelik verbeter sal word, rekords sal gebreek word, reputasies sal verdof en huldeblyke sal vergeet word. Dr. James Dobson se grootste doel op kollege was om die skool se tenniskampioen te word. Hy was baie trots daarop toe sy trofee prominent in die uitstalkabinette gesit is. Jare later het iemand ‘n e-pos oor daardie einste trofee aan hom gestuur – die persoon het dit in ‘n asblik gevind nadat daar konstruksiewerk aan die skool gedoen is. Dobson sĂȘ: “Wanneer daar genoeg tyd verbygaan, word al ons trofeĂ« deur iemand anders verwoes.” As jou lewensdoel slegs ‘n aardse nalatenskap is, is dit ‘n bitter kortsigtige doel. Jy is nie op aarde geplaas om onthou te word nie, jy is hier geplaas om God se wil te doen en om jouself voor te berei op die ewigheid. As jy wys genoeg is, sal jy dit in gedagte hou!