
(1) Verwag dit. Tensy jy versoeking te wagte is, sal jy nie daarop bedag wees nie. Versoeking begin in jou kop. Paulus skryf: “Die bedoeling is nie dat ons deur die Satan uitoorlĆŖ word nie.” (2 Kor 2:11 NLV)
(2) Voel dit aan. Vra God om jou te help om Satan se aanslagte aan te voel, en staal jou dan daarteen. ‘n Inkvlek op ‘n muur in die Wartburg Kasteel in Duitsland illustreer hierdie punt. Martin Luther het tydens gebed skielik die teenwoordigheid van die vyand aangevoel. Volgens die storie het hy ‘n inkpot opgetel en dit teen die muur geslinger in ‘n poging om die duiwel te tref. Dalk klink dit ekstreem? Miskien, maar het jy dieselfde geestelike aanvoeling?
(3) Verwerp dit. As jy slimmer as die duiwel probeer wees, sal jy verloor. “Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug.” (Jak 4:7 NLV) Satan sou die teenoorgestelde wou hĆŖ: dat jy God sal weerstaan en na hom sal luister – maar dit is ‘n lokval. As jy vandag gebuk gaan onder versoeking, luister hierna: “Hierdie HoĆ«priester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy moes presies dieselfde versoeking trotseer – behalwe dat Hy nie voor die sonde geswig het nie. Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons Sy deernis en onverdiende goedheid bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word.” (Heb 4:15-16 NLV)
Kopiereg 2009 Radiokansel



