
Wat maak ons blind vir ons kern gawe?
1) Fokus op foute. Ons luister na kritici en fokus op swakpunte eerder as sterkpunte. Die mense met wie jy omgaan, kan jou ophef, of jou aftrek – veral onsuksesvolle mense wat op jóú sukses jaloers is, sal dit doen.
2) Afguns op ander se gawes. Moenie probeer om iemand anders na te doen nie. Moenie in ander se skaduwee leef nie, leer eerder uit hulle wysheid. Wees soos Elisa – vra God vir dubbel soveel as jou mentor. Buitengewone mense is net gewone mense wat hulle kern-gawe bepaal en in werking gestel het.
Paulus praat oor sewe verskillende gawes: ‘Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het… As God aan jou die gawe gegee het om te profeteer, moet jy dit aanwend in ooreenstemming met ons geloofsoortuigings. As dit is om ander te dien, doen dit met oorgawe. As jy onderrig gee, gee dan kwaliteitonderrig. As dit is om ander op te beur, dóén dit dan inderdaad. As jy materiële ondersteuning kan gee, doen dit sonder bymotiewe. As God aan jou leierseienskappe gegee het, hanteer dit met toewyding. En as jy die gawe het om ander in hulle nood by te staan, doen dit met ‘n vrolike hart.’ (vv. 6-8 NLV).
Wat is jou kern gawe? Ontdek dit, ontwikkel dit, en gebruik dit dan in God se diens!
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)


