Wandel in die geloof

faith2004

faith2004Paulus skryf, ‘…nou is ek op pad deur die Gees. Wat daar gaan gebeur, weet ek nie. Wat ek wel weet, is dat die Heilige Gees my verseker dat gevangenskap en vervolging voorlê. Al is my lewe kosbaar, ag ek dit van geen waarde…’ (Handelinge 20:22-24).

Dis menslik om te wil weet waarheen jy op pad is en wat vir jou voorlê. God sal jou egter volgens die ‘moet weet’ beginsel inlig. Jy volg God, soos Abraham, wat ‘weggetrek [het] sonder om te weet waar hy sou beland’. Al weet jy nie wat jou bestemming is nie, kan jy op God vertrou om Sy beloftes aan jou na te kom (Hebreërs 11:8). Moet asseblief nie dink dat jy van terugslae en probleme kwytgeskeld word nie; God belowe nie net ‘n lewe van maanskyn en rosegeur nie. Jy kan egter vertrou, ‘dat God die goeie werk wat Hy begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi’ (Filippense 1:6).

Jon Walker sê, ‘God ken elke tree van die reis, die seëninge en die gevare waar jy vandaan kom, waarheen jy gaan, en die beste roete om te volg. Hy verwag nie dat jy jou pad sonder Hom moet vind nie. Hoe jy jou roeping vind en deurvoer is God se verantwoordelikheid. Jou verantwoordelikheid is om om Sy leiding te vra en sy instruksies uit te voer.

Hy het gesê, “Ek sal jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan, my oog sal op jou wees.” (Psalm 32:8). Moenie op jou eie insig staatmaak nie, Hy sal jou die regte pad wys. (Spreuke 3:5-6). Jy hoef nie alles te weet nie.’

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)

Scroll to Top