Waar lê jou finansiële sekuriteit?

Gibraltar-rock

Gibraltar-rockDaar is ‘n versekeringsmaatskappy wat homself as “die Rots” adverteer en daarop aanspraak maak dat hy die grondslag van jou finansiële sekuriteit is. Onthou jy die tyd toe ons nog hierdie advertensies geglo het? Maar nie meer nie; finansiële onsekerheid kenmerk vandag se wêreld van banke wat ondergaan, krimpende multinasionale korporasies en groeiende rye werkloses. Vir jongmense het die vreugde daarvan om graad te vang verander in die bekommernis om universiteit skuld af te betaal, en om werk in ‘n kleiner wordende arbeidsmark te vind. Baie ouer mense ruil hul aftreedrome in vir ‘n nuwe realiteit: “werk tot jy omkap.” Waarheen gaan ons vir hulp in sulke tye?

Die Bybel sê: “Rykdom hou nie vir altyd nie…” (Spreuke 27:24 NV). Wat is die antwoord? Gaan na die enigste betroubare bron van sekuriteit: God! Daar is geen finansiële krisis in Sy koninkryk nie. Israel was honger en dors, en Hy het vir hulle vars manna en water uit die rots gegee. Hy het kraaie opdrag gegee om kos vir Elia te bring, Hy het olie en meel laat vermeerder om ‘n armoedige weduwee se gesin aan die lewe te hou en Hy het duisende kos gegee met vyf broodjies en twee visse. Hy vra ons: “… Is iets vir My onmoontlik?” (Jer. 32:27 NV). Nee!

1) Vertrou God om vir jou te voorsien.
2) Doen wat Hy vir jou sê om te doen.
3) Glo dat God sal sorg. “… Daar sal genoeg… wees om jou en jou gesin te voed…” (Spreuke 27: 26-27 NV).

Bron : Radiokansel

Scroll to Top