
Wanneer mense aan jou iets gee, kan hulle dit weer by jou wegvat. Wanneer God iets aan jou gee, is dit joune! Maar jy moet dit versorg. Jy moet jou kinders “snoei”, hulle gaan nie op hulle eie goed uitdraai wanneer jy hulle afskeep nie (sien Spr. 22:6). Jy moet jou eie verhoudings “snoei”. “Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie,” (Ps. 1:1, NAV). Jy moet jou eie besigheid “snoei”. Dit beteken dat jy vir God as jou vennoot moet eer, en Hom moet toelaat om jou besigheid te gebruik om sy besigheid te bevorder.
Wanneer jy saam met God loop, sal Hy jou beskerm en jou welvarend laat wees, selfs in moeilike tye. Maar jy moet steeds werk daarvoor! Vra enige boer, wanneer hy nie na sy koring omsien nie, gaan die oes uiteindelik sterf. Dit moet versorg word. Daar is niks verkeerd met jou lewe nie – behalwe dat jy verwag dat God goed moet doen. Hy verwag dat jy moet doen. Komaan, kry jou snoeiskêr gereed en begin snoei!
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)




