
Van futloos tot fantasties! – uit die pen van gewilde outeurs Stephan Joubert en Johan Smith – bied 20 hoof-stukke oor onderwerpe wat tot die hart van elke vrou spreek, soos die waarde wat een persoon kan hê, wie ons naaste is, die krag van vreugde, hemelse genade en diensbaarheid.
Van futloos tot fantasties! bied ’n verrykende per-spektief op ons lewe hier en nou, en beklemtoon dat al wat nodig is vir ’n waarlik vreugdevolle en fantastiese lewe soms net ’n wyer kyk op die wêreld en sy dinge is. ( Lees meer )




