Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief

een cup

een cupJy is ’n enkelouer. Wat nou? Verstaan mense regtig waardeur jy gaan? Is daar iewers “tips” vir hierdie ding waarvan jy niks weet nie?

Dit is hoe Elize Parker, bekende radio-aanbieder, romanskrywer en Huisgenoot-rubriekskrywer, en Magriet Smit, Me. Hoop SA 2015, albei gevoel het ná hul egskeidings. En uit hierdie behoefte is Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief gebore. Dié boek gee vir enkelma’s praktiese raad oor hierdie onbekende, en dikwels baie seer, pad.

Die boek bespreek praktiese temas soos: Voor-siening, stabiliteit, hoop, verlies, dissipline, vergifnis, visie vir jou gesin, “twee huise”-sindroom en identiteit.

Elke hoofstuk in Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief sluit af met ’n oorwinningsgedagte om saam te vat en bied ook ’n kort Bybelstudie wat ideaal is vir groepbesprekings.

Hierdie boek is voorwaar ’n oorwinningsgids vir elke enkelma en bring net weer die bevestiging dat sy nie alleen is nie, want God sal haar nie hierdie pad alleen laat stap nie.
(Lees meer)

Scroll to Top