
In hierdie 365 oordenkings fokus Lizette Murray op die onveranderlike: Jesus Christus is die Woord wat van die begin af daar is en onder ons kom woon het en stééds elke dag in sy volheid by ons woon.
Sommige van die temas wat die outeur aanraak, is: vaste mure, offers, kom bly by My, nuwe lewe, in die kring van God se genade en u Woord is ’n rusbank vir my gees.
U Woord is my woning herinner vroue dat, ten spyte van al die onsekerhede wat by ons aanklop, God die vaste baken is. Ons kan elke keer terugkom na die sterk mure van sy Woord waaragter ons kan skuil.




