Die Seun van God

Die Seun

Die SeunDie heel belangrikste ding wat jy met jou lewe kan doen, is om tyd deur te bring om Jesus te leer ken.

New York Times-topverkoper-outeur Rick Warren help lesers in sy Bybelstudie Die Seun van God om Jesus se lewe te ontdek en die impak wat dit op hulle lewe en lewensdoel het te verstaan. Hy daag lesers uit om te dink wat kan gebeur as hulle die lesse uit gebeure in Jesus se lewe op hulle eie lewe toepas. Hy gee ook praktiese stappe oor hoe om versoeking, lyding en vervolging te oorkom.

Hierdie Bybelstudie is gebaseer op Mark Burnett (skepper van Survivor en The Apprentice) en Roma Downey (Touched by an Angel) se fliek Son of God waarvan die DVD in Oktober vrygestel word. Die Bybelstudie-DVD met dieselfde naam se inhoud is ook by Die Seun van God ingewerk.

Buiten vir die ses studies bied dit ook wonderlike hulpmiddels vir kleingroepe, soos riglyne vir die aan-bieder, vrae wat gereeld gevra word, ’n kleingroep-kalender en -program en nog vele meer. ( Lees meer )

Scroll to Top