Met geen arms of bene nie, was Nick Vujicic elke boelie se droom. Hy ken daardie gevoel wat jou maag laat pyn, die nagmerries laat kom en iemand laat voel asof daar geen hoop is nie …
Maar sy boodskap is dat jy dit kán oorkom, want geen boelie kan vir jou sê wié jy is nie. In Staan jou man wys hy vir lesers hoe om ’n beskermingstrategie teen boelies op te bou sodat hulle kan opstaan teen boelies van enige aard.
Hierdie boek sal jongmense onder meer leer om:
die feit dat hulle geboelie word in ’n positiewe ervaring te omskep
vir hulle ’n veilige ruimte te skep
sterk waardes te vestig wat geen boelie kan skud nie
internet-boelies te hanteer
’n sterk geestelike fondament te vestig wat kan staan teen boelies
na hulle eie emosies te kyk en hulle reaksies te beheer
ander wat geboelie word te help
Staan jou man is ideaal vir elkeen wat wil opstaan teen wreedheid – hetsy teen hulself of dié vir wie hulle lief is. (Lees meer)