
Riekert kyk in Openbaring ontsluit na die volgende aspekte wat vorm gee aan hierdie Bybelboek:
Wie was die oorspronklike ontvangers van die boodskap?
Wat was die omstandighede waarin hulle geleef het?
Watter spesiale behoeftes of sake het moontlik aanleiding gegee tot die skrywe van die boek?
Wat was God se boodskap aan daardie mense in daardie tydvak en spesiale omstandighede?
Riekert bespreek dan die boodskap aan die sewe gemeentes en die sewe visioene in Openbaring teen hierdie agtergrond.
Openbaring ontsluit bied ’n verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel. Dit is ideaal vir elkeen wat ’n verstaanbare uitleg van Openbaring wil hê. (Lees meer)




