Spreek woorde van genesing

geloof1007

geloof1007Matthew Henry beskryf genade as “sout wat ons woorde geur en keer dat dit bederf”. Wanneer die Bybel sê jou woorde moet “…met sout besprinkel …” (Kol 4:6 OV) wees, beteken dit hulle moet verhoudings bewaar en nie bederf nie, altyd van goeie smaak getuig en welstand bevorder. Jakobus sê: “‘n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie.” (Jak 3:12 NV). Jy kan nie iets voorgee wat nie in jou hart is nie.

Dit gaan nie bloot daaroor om die regte dinge te sê nie; dit gaan oor die regte gesindheid. Salomo sê: “Party mense… [se] woorde is soos ‘n skerp mes wat alles stukkend sny. ‘n Gelowige se woorde bemoedig ander en gee hulle moed vir die lewe.” (Spr. 12:18 DB). As jy nie versigtig is nie, kan jy groot moeilikheid met jou woorde veroorsaak.

‘n Sekere Bybelgeleerde sê: “Ons het die vermoë om woorde van geloof te spreek, wat wonderwerke laat gebeur… Geloof is ‘n wet en ons beweeg daarbinne met ons woorde, of tot ons voordeel, of tot ons ondergang… wyse mense bring genesing met wat hulle sê.” Ons kan dit ook omdraai en sê: “Dwase mense maak siek met wat hulle sê.” Dit is jou keuse.

Jy kan jou mond en jou hart in lyn bring met wat die duiwel jou vertel, of jy kan in geloof optree deur jou mond en hart in lyn te bring met wat God in Sy Woord sê, en wat lei na Sy seëninge.

Geloof is om te glo en te sê wat God sê. Begin dus om woorde van genesing te spreek.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top