
(1) Daar is altyd ‘n roeping. God vra gewone mense om betrokke te raak by ongewone geloofsdade, soos om uit die skuit te klim en op die water te loop.
(2) Daar is altyd vrees. God het ‘n gewoonte om mense te vra om dinge te doen wat hulle bang maak, soos Moses wat vir God gesê het: “Ek is nie ‘n goeie spreker nie, gebruik iemand anders.”
(3) Daar is altyd gerusstelling. “Soos wat Ek saam met Moses was, so sal Ek saam met jou wees.” Dit was ook God se belofte aan Josua toe hy die leierskap oorgeneem het.
(4) Daar is altyd ‘n besluit. Soms, soos in Gideon se geval, sê ons ja wanneer God ons roep. Soms sê ons nee, soos die ryk, jong man, maar ‘n besluit moet ons neem.
(5) Daar is altyd ‘n veranderde lewe. Diegene wat ja sê se pad is geensins gelyk nie. Maar omdat hulle ja sê, leer en groei hulle, selfs uit hul foute, en word hulle deel van Sy plan om die wêreld te verlos. Diegene wat vir God nee sê, verander ook; hulle verhard effens, bied ‘n bietjie meer weerstand teen God se stem, en is meer geneig om ‘n volgende keer weer nee te sê.
Roep God jou? Miskien in jou werk, jou verhoudinge, vir jou geld of oor jou diepste vrese. God se stem sal jou diepste wese binnedring. As jy ja sê vir Hom, sal jy nooit spyt wees nie!
Kopiereg 2009 Radiokansel




