Oorwinning

victory 47007

victory 47007In die Romeinse tyd het atlete net ‘n eenvoudige lendedoek gedra sodat niks hulle kon hinder in ‘n wedloop nie. Paulus skryf: “Weet julle nie dat atlete wat aan ‘n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan ‘n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie…” (1 Kor 9:24-26 NV).

Wat van jou? Hardloop jy net vir die pret of om te wen? As jy suksesvol wil wees in God se plan vir jou, moet jy ophou om party (selfs lekker) dinge te doen en fokus op dit wat jy nodig het om jou roeping te voltooi. Dit beteken dat jy soms “nee” moet sê – selfs vir mense met goeie bedoelings wat jou probeer betrek by dinge wat nie met jou roeping te doen het nie. Dit beteken ook ons moet “… die sonde wat so maklik verstrik…” (Heb 12:1 NV) laat staan. As God sê iets is verkeerd, is dit verkeerd. Jy moet eenvoudig vergifnis vra en dit uit jou lewe uitkry. Wie kry die prys? Dié wat die prys betaal. Paulus het geweet dat hy nie die wedloop sou wen voordat hy nie sy liggaam, gedagtes en gees onder die beheer van God se Gees geplaas het nie.

Dieselfde geld vir jou. Niemand kan jou forseer om te doen wat reg is nie; jy moet luister na wat God sê en daarop reageer.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top