Sonsondergang in die Vrystaat

freestatesunset2707

Noem dit wat jy wil, maar ’n sonsondergang in die Vrystaat is soms baie spesiaal. Spesiaal genoeg dat ek dit wou waag om in die bitterkoue en in ‘n motreëntjie stilhou te hou op die N1 duskant Winburg om ‘n foto te neem.

Hierdie helder rooi-pienk sakkende son het ek net buite Winburg begin dophou. Dit het my aandag behoorlik vasgevang terwyl ons oppad terug was na Bloemfontein. Daar was ‘n paar strepies wolke waaragter die son moes verbybeweeg en die een na die ander het die toneel bly verander. Later was ek spyt ek het nie maar gestop vir ‘n snappie” nie!

Selfs nadat die son reeds gesak het was die horison lank daarna nog rooi ingekleur. Dit het my laat dink aan die kere wat ons soms voel ons kan die Here nie vind nie. Kere wanneer ons wonder of die Here regtig bestaan en regtig omgee. Weet dan vandag dat, al kan jy Hom dalk nie nou sien nie, Hy wel daar is.

En dalk beter nuus, jy hoef Hom nie te vind nie, Hy sal Hom laat vind. Kom sit net in Sy teenwoordigheid, Hy weet lankal reeds wat jy nodig het, Hy kan nie ontrou wees nie.

Johann

Scroll to Top