
Die akteur, Charlton Heston het gedurende die skiet van die film Ben-Hur hard daaraan gewerk om die Romeinse strydwa vir die film se groot strydwa-wedren te leer beheer. Hoewel hy goed gevorder het, was Heston daarvan oortuig dat hy dié spesifieke kuns nie sou kon bemeester nie. Hy het aan die legendariese filmregisseur Cecil B DeMille gesê, ‘Ek dink dat ek die strydwa vir die toneel oortuigend sal kan bestuur, maar ek dink nie dat ek die wedren kan wen nie.’ Na ‘n oomblik se stilte het DeMille geglimlag en gesê, ‘Ry jy net, ék doen die regie.’ Hy hét, en die wedren is steeds een van die film se hoogtepunte. Jy hoef nie al die antwoorde te hê nie. Jy hoef net te weet dat jy al die instruksies wat God aan jou gegee het, nagekom het. Wanneer jy dít eenmaal besef, moet jy nét ry, God sal bestuur!
Bron : Radiokansel




