Kruip jy weg?

RadioKansel

RadioKanselWanneer jy nie goed voel oor jouself nie, sal jy dinge soos werk, kos, verhoudings, geld en drank gebruik om ‘n muur om jou te bou. Maar dis slegs wanneer jy ophou wegkruip en die skanse begin afbreek, wat jy kan begin bou aan sinvolle verhoudings.

Selfs erger as om ‘n leuen voor mense te leef, is wanneer jy voorgee by God. Toe God vir Adam in die Tuin vra: “Waar is jy?” het Hy reeds die antwoord geken. Niks en niemand kan vir Hom wegkruip nie! Maar Hy wou hê dat Adam moes erken waar hy was en wat hy gedoen het. Hoekom? Want as jy jouself nie kan sien nes jy is, dit bely en om God se vergifnis vra nie, sal jy (a) dit moeilik vind om met God te praat; (b) alleen en verstoot voel; (c) sukkel om mense in die oë te kyk, in geval hulle jou sien vir wat jy is.

As jy nog steeds wegkruip, vra vandag vir God om jou die moed te gee om die skanse af te breek. Bid soos volg: “Vader, ek weet dat U my liefhet. Niks kan dit verander nie, behalwe my eie vertwyfeling en ongeloof. U het my liefgehad nog voordat ek gebore is, my gevorm volgens U plan, my verlos en my ‘n spesiale doel in hierdie wêreld gegee. U werk daagliks om my te verander in ‘n mens wat aan U vreugde kan verskaf.” (sien Fil 3:13)

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top