Party mense is so swartgallig dat hulle sommer al by die doodsberigte begin as hulle ‘n koerant optel (Nou ja, dalk werk hierdie beeld nie meer nie, aangesien doodsberigte tans die hoofberigte in ons dagblaaie is!). Tragies dat dit ‘n leefwyse geraak het om altyd eerste die slegte dinge raak te sien. Hoor hier, daar’s ‘n beter manier! Maak jou probleme Christus S’n, soos wat ons ook verlede keer in die Kernkrag vir mekaar gesê het. Hou op om jou laste self te dra. Jou skouers is nie breed genoeg hiervoor nie. Jy gaan struikel en val.
Volgens Matteus 11:27-30 bied Jesus jou die ruiltransaksie van ‘n leeftyd aan. Hy vra al jou bekommernisse en laste in ruil vir sy eie hemelse vrede. Het jy mooi gehoor? Jy
Stephan Joubert




