
‘n Kaartjie op my bedtafeltjie nooi my na die hotelsitkamer uit om ‘nuwe vriende in ‘n ontspannende atmosfeer te maak’. Nog een bo-op die TV beloof laatnagflieks wat ‘al my fantasieë sal laat waar word’. Stemme! Sommige belowe plesier, sommige mag…
Die wêreld belowe fisiese plesier; Jesus belowe ons ‘n rustige ete saam met Hom: ‘As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die fees-ete saam geniet.’ (Opb 3:20 NLV). Watter stem sal jy gehoorsaam?” Hoe moet ons versoekings hanteer? In die eerste plek, vul jou gedagtes met die Skrif sodat jou eerste reaksie altyd sal wees: “Die Bybel sê”. In die tweede plek, hou jou oë op Jesus.
Lesley Durkin skryf: “My pa het altyd ‘n stuk vleis op die grond naby sy hond neergesit en gesê: ‘Nee!’ Die hond het nooit aan die vleis geraak nie. Maar hy het ook nooit na die vleis gekyk nie, want dan sou die versoeking om ongehoorsaam te wees te groot gewees het. Hy het net aanhoudend na my pa se gesig gekyk.”
Hou jou oë op Jesus. “Hulle wat opsien na Hom, sal straal van vreugde; op hulle gesigte is daar geen skaamte nie.” (Ps 34:6 NLV).
Bron : Radiokansel




