Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
“‘n Gelowige gebed”
‘n Predikant het siekebesoek by ‘n vroutjie gedoen en sy het hom gevra om vir haar genesing te bid. Hy het dit gedoen. Toe vra sy hom om haar uit die rolstoel te help opstaan. Verwonderd het hy dit gedoen. Sy het ‘n paar treë geloop, toe begin om te hardloop en rond te spring totdat die hele gebou haar gehoor het. Terug in sy kar het die predikant opgekyk en gebid: “Here, moet dit asseblief nooit weer aan my doen nie!” Die Bybel sê: “‘n Gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word.” Hoekom is ons dan so verbaas wanneer Hy dit doen?
‘n Besoekende predikant het aan die gemeente gesê dat enigeen wat voel dat hy ‘n gebed nodig het, vorentoe moet kom. Maar stilweg gedink aan die ‘flou’ resultate van die verlede. Dertig mense het na vore gekom en hy het vir hulle gebid. Later daardie week het ‘n vrou hom gebel en vertel dat hy vir haar siek man, en hy het gesterf. “Wys jou nou net wat my gebede nou eintlik beteken,” het hy gedink. Die vrou het verder gepraat:: “Toe ons kerk toe gelrroop het was my man kwaad. Hy wou sy kleinkinders sien grootword, en hy het elke dag die Here verwyt. Dit was ondraaglik om in sy geselskap te wees. Nadat u egter vir hom gebid het, was hy ‘n ander mens. Sy laaste paar dae was die beste wat ek ooit saam met hom gehad het. Ons het gesels, gelag en saam gesange gesing. Hy was nie gesond nie, maar hy was genees!”
Slegs God weet hoekom party mense genees word en ander nie. Maar ons het duidelike instruksies ontvang: “As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak,” (Jak. 5:14-15, NAV).