
Skrywer Rob Flood bespreek die volgende twee waardevolle beginsels: 1) Beginsel van eerste reaksie. Die verloop van enige konflik word nie deur die inisieerder nie, maar deur die persoon wat daarop reageer, bepaal. Toe die Fariseërs Jesus ondervra het, was dit gewoonlik hulle doel om Hom in ‘n lokval te vang. Omdat Hy die mag gehad het om die rigting van die gesprek te bepaal, ‘kon [hulle] …nie daarin slaag om Jesus… vas te trek nie… [maar was] verwonderd oor sy antwoord…’ (Lukas 20:26 NLV). 2) Beginsel van aanraking. Dis moeilik om te baklei wanneer daar fisiese kontak is, maar ook moeilik om die ander persoon aan te raak as ‘n argument reeds begin het. Wanneer jy ‘n netelige onderwerp moet aanroer, hou hande vas, of sit naby aan die ander persoon. Wanneer jy tydens ‘n argument besef dat daar geen aanraking is nie, verander jou taktiek en skuif nader aan die ander persoon.
Bron : Radiokansel



