Dié bordjie is onder ‘n opgestopte grootbek vis geplaas: ‘As ek maar net my mond toegehou het, was ek nie hier nie’. Jesus het gesê, ‘”…Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”‘ Wat in jou hart is, bepaal eintlik die wese van jou verhoudings. Sewe persent van ons kommunikasie is gebaseer op inhoud, 38 persent op stemtoon, en ‘n allemintige 55 persent op nie-verbale tekens soos gesigsuitdrukking, liggaamshouding en wat jy met jou hande doen. Skrywer Mandy Houk sê: ‘As jy min vir [mense se] gevoelens omgee… wys dit in jou gesprek… As ons doelbewus …ons harte met liefde en respek vol maak… vloei dit oor na ons gesprekke.’ Salomo het gesê, ‘…vriendelike antwoord kalmeer die gemoedere, ‘n dwars antwoord laat woede opspring.’ (Spreuke 15:1 NLV).
Skrywer Rob Flood bespreek die volgende twee waardevolle beginsels: 1) Beginsel van eerste reaksie. Die verloop van enige konflik word nie deur die inisieerder nie, maar deur die persoon wat daarop reageer, bepaal. Toe die Fariseërs Jesus ondervra het, was dit gewoonlik hulle doel om Hom in ‘n lokval te vang. Omdat Hy die mag gehad het om die rigting van die gesprek te bepaal, ‘kon [hulle] …nie daarin slaag om Jesus… vas te trek nie… [maar was] verwonderd oor sy antwoord…’ (Lukas 20:26 NLV). 2) Beginsel van aanraking. Dis moeilik om te baklei wanneer daar fisiese kontak is, maar ook moeilik om die ander persoon aan te raak as ‘n argument reeds begin het. Wanneer jy ‘n netelige onderwerp moet aanroer, hou hande vas, of sit naby aan die ander persoon. Wanneer jy tydens ‘n argument besef dat daar geen aanraking is nie, verander jou taktiek en skuif nader aan die ander persoon.
Bron : Radiokansel