Op soek na Jesus

op soek na Jesus 2

op soek na Jesus 2Wie is Jesus regtig? Dit is die vraag wat in baie mense se koppe is – gelowiges én soekendes.

Bekroonde joernalis (voorheen van Beeld) en redakteur van Kerkbode, Neels Jackson, volg in Op soek na Jesus ’n unieke benadering … Dit is 20 eeue gelede, en ’n onder­soekende joernalis sit in sy koerant­kantoor in Jerusalem. Hy hoor ge­rugte van ’n man wat wonderwerke doen en siekes ge­nees. Hy wil weet wie dié man is en begin ondersoek doen en berigte skryf.

Jare later sit dieselfde man en terugkyk oor die dinge wat hy geskryf het. Die leser blaai saam met hom deur sy koerantberigte om sin te maak van wie Jesus werklik is.

Leer ken Jesus soos nog nooit tevore nie. Op soek na Jesus is soos elkeen se eie innerli­ke soektog na wie Jesus werklik is. Dié boek sal le­sers laat nadink oor die nuuswaardigste Man ooit. (Lees meer)

Scroll to Top