Nogtans sal ek hoop

nogtans

nogtansDaar is twee maniere om die swaarkry van die lewe te hanteer: kyk daarteen vas en word daardeur oor-weldig, of sien God raak en leef in oorwinning.

In Nogtans sal ek hoop se 366 dagstukke wil Johan Smit lesers op God laat fokus sodat hulle elke dag hoopvol kan aanpak. Temas wat bespreek word sluit in:

Christenwees in Suid-Afrika

Struikelblokke op die geloofspad

Karaktertrekke van Jesus

Paulus se inspirerende preke

Die Skrifgedeeltes en oordenkings laat lesers dieper delf om God te leer ken vir wie Hy is en nie wie mense dikwels so graag wil hê Hy moet wees nie. Deur aan God vas te hou in alle omstandighede, sal die seer en bekommernis van elke dag geen houvas op jou hê nie. ( Lees meer )

Scroll to Top