
Strategie vir gebed bied vir lesers ’n aksieplan wat hulle sal lei van die eerste stap wat hulle moet neem tot op die vlak van ’n volwaardige en selfstandige gebedsoldaat:
1. Die beginstappe van ’n sterk gebedslewe –die krag en prioriteit van gebed
2. Die basiese opleiding – wanneer en waar om te bid
3. Ingesteldhede – soos gehoorsaamheid en volharding
4. Strategieë – hoe om te bid
5. Teikens – vir wie om te bid
6. Ammunisie – wat kan jy gebruik in jou gebede
7. Ekstra versterking – besprekingsvrae wat in groepe gebruik kan word
Strategie vir gebed sluit aan by die Kendrick-broers se fliek War Room. Dit is ’n hulpbron vir enig-een wat vasberade is om as oorwinnaars in gebed uit te styg.




