Ontdek jou sterkpunt

Radio KanselOns almal is ewe waardevol in God se oë, maar ons het nie almal
dieselfde gawes en talente nie. In hulle boek Now Discover Your Strengths, sê
Marcus Buckingham en Donald O. Clifton dat elke mens iets beter kan doen as ‘n ander 10
000 mense. Hulle ondersteun dit met hulle navorsingsdata. Hulle noem hierdie
ding jou sterkpunt en moedig mense aan om dit te ontdek en te ontwikkel.

Dit maak nie saak hoe bewus jy van jou vermoëns is, hoe jy oor jouself
voel, óf of jy al voorheen sukses behaal het nie. Jy het talente ontvang en God
wil hê jy moet dit ontwikkel! Jy kan
egter net die talent ontwikkel wat jy het, nie die een wat jy graag wil hê nie.
Dit moet jou ook nie verhinder om aan jou swak punte te werk nie. Wanneer jy
egter besig is om jou Godgegewe taak op aarde uit te voer, moet jy fokus op jou
sterkpunt en jouself oorgee daaraan.

Dr. John Maxwell skryf: “Ek het waargeneem
dat mense op ‘n skaal van een tot tien hulle vaardigheid op ‘n sekere gebied
slegs met twee punte kan
verhoog. Byvoorbeeld, as jou natuurlike talent op ‘n gebied vier is, kan jy met harde werk
dit laat styg tot ses. Met ander woorde, jy kan styg van net onder die gemiddeld tot net
bokant die gemiddeld. Maar as jy iets vind waarin jy ‘n sewe is, het jy die
potensiaal om ‘n nege of selfs ‘n tien te bereik – mits dit jou sterkpunt is en
jy hard daaraan werk! Dit help jou om te vorder vanaf iemand met ‘n 1 in 10 000
talent tot by iemand met ‘n 1 in 100 000 talent, maar slegs as jy doen wat
nodig is om jou talent te optimaliseer.” Dus, vind uit wat jou sterkpunt
is en ontwikkel dit tot verheerliking van God!

Scroll to Top