Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Omskep jou swakheid in ‘n wapen
Paulus het die volgende geskryf oor sy swakheid: “… God [het] ‘n groot struikelblok oor my pad gestuur… ek [het] die Here gevra om hierdie struikelblok weg te vat. Toe sê die Here: ‘My goedheid is vir jou genoeg. Dit is al wat jy nodig het. My groot krag word sigbaar in jou lewe wanneer jy swak en hulpeloos is.’ Na hierdie antwoord van die Here het hierdie doring in my vel skielik die krag in my lewe geword. Weet julle, ek is glad nie meer omgekrap oor my swakhede en probleme nie. Want wanneer ek swak is, is ek juis sterk. My eie swakheid leer my om net op Christus se groot krag staat te maak.” (2 Korintiërs 12:7-10). Paulus het geleer hoe om sy swakheid in ‘n wapen te omskep deur dit toe te laat om hom nader aan God te bring.
Eugene Peterson stel Christus se eerste saligspreking so: “Jy is geseënd wanneer jy nie meer krag oorhet nie. Met minder van jou is daar meer van God en Sy heerskappy.” (Matteus 5:3 DB). Dit beteken nie jy moet jou karakterfoute en die areas waar jy gefaal het, aanvaar nie. Nee, jy moet elke swakheid konfronteer, dit bely en “op Christus se krag staatmaak”. Jy sal altyd met die een of ander ding sukkel. Paulus het dit besef: “Ek is soos ‘n breekbare kleipot. Tog moet julle weet dat die groot krag van God glad nie uit my kom nie.” (2 Korintiërs 4:7 DB).
Soos gewone kleipotte wat breekbaar is, sal God jou gebruik soos jy Hom toelaat om deur jou te werk