
rekenskap moet gee.” Jy vra: “Rekenskap waarvoor?” Oor die
lewenstaak wat God aan jou gegee het.
Gene Marine, die redakteur van die koerant The
Bellefontaine Examiner in
het ‘n nuwe sportredakteur uitgestuur om ‘n groot wedstryd te dek. Hy het
teruggekeer sonder enige berig. “Wat is die storie?” het Marine
gevra. “Daar is nie een nie,” het die verslaggewer geantwoord.
“Wat?” het Marine gegrom. “Hoekom nie?” “Omdat die
wedstryd nie plaasgevind het nie,” het die verslaggewer geantwoord.
“Geen wedstryd nie? Wat het gebeur?” het die redakteur hom uitgevra.
“Die stadion het inmekaargetuimel.” Nie in staat om te glo wat hy
hoor nie, het die redakteur gevra: “Waar is die verslag oor die stadion se
ineenstorting?” Na ‘n ongemaklike stilte het die verslaggewer geantwoord:
“Dit was nie my opdrag nie, meneer.” Dis seker onnodig om te sê dat
dit die einde van sy loopbaan was.
Jesus het ‘n paar insiggewende gedagtes met sy
dissipels gedeel oor hoe om jou take met erns aan te pak. Hy wys dat ons bo
alles ‘n verantwoordelikheid teenoor God het, en dat die belonings wat werklik
betekenis sal hê en sal hou, van God af kom. Eugene Petersen parafraseer dit op
die volgende wyse in The Message: “Wie is die bestuurder waarop ons
gesonde verstand, wat deur die eienaar in beheer geplaas word van sy personeel
om hulle te versorg? Hy is geseënd as hy besig is om sy werk te doen wanneer sy
meester terugkom. Maar as hy vir homself sê: ‘Die meester vat sy tyd’, begin om
die personeel te mishandel, partytjies vir sy vriende te hou en dronk word, sal
die meester terugkom wanneer hy dit die minste verwag, hom ‘n goeie loesing gee
en hom terugstuur kombuis toe om aartappels te gaan skil . ‘n Groot geskenk beteken
dat jy groot verantwoordelikheid het – hoe groter die geskenk is, hoe groter is
die verantwoordelikheid,”


