Om te seëvier terwyl jy sterf van die dors

bound0107

bound0107Die Bybel sê: “Die Gees van die Here het Simson sterk gemaak. Die toue waarmee hy geboei was, het van sy hande afgeval. Hy het die vars kakebeen van’n donkie van die grond af opgeraap en daarmee het hy 1000 Filistyne doodgeslaan. Hy het na die Here geroep: ‘U het vir u dienskneg hierdie groot oorwinning gegee. Moet ek nou van dors doodgaan?” (Rig 15:14-18 NLV).

Daar is drie dinge wat jy moet raaksien in hierdie storie:

(1) Simson het toegelaat dat die vyand hom vasbind. Wat bind jou vandag? Wat hou jou terug? Adviseurs en self-help boeke is goed, maar dit het God se Gees geverg om Simson te bevry. En dit is wat dit sal verg om jou te bevry. Die tyd vir advies is verby – roep uit na God en verwelkom sy Gees sodat jy bevry kan word (Sien Jes 10:27). (2) Simson moes dit wat hy reeds gehad het, net raaksien. Die kakebeen, met God se hulp, was genoeg om ‘n oorwinning te behaal. Vra God om jou te wys op wat jy reeds het en gebruik dit – want met Sy hulp sal jy sukses behaal. Herken wat God reeds vir jou gegee het en gebruik dit – die antwoord is reg onder jou neus. (3) Simson het sy oorwinning gevier, maar was amper sterwend van die dors. Dit gebeur veral met mense wat God se werk doen, maar nie genoeg tyd saam met Hom spandeer nie. Wanneer jy net gee en niks inneem nie, kry Satan die oorhand. So spandeer meer tyd saam met God. Hy is die Een wat vir jou die oorwinning sal gee, maar Hy sal ook jou dors les.

© 2009 radiokansel.co.za

Scroll to Top