
Ek het geleer om “nood-voorrade” saam te vat as ek iewers moet toustaan, bedoelende ‘n bottel water en ‘n goeie boek. Dan koop ek die tyd effektief uit. Boonop het dit al tot fassinerende gesprekke oor God gelei wanneer iemand agterkom ek is geen goeie naprater van hulle klagtes nie. Gewoonlik begin hulle dan maar uitvra oor die Christelike boek wat ek staan en lees. So het ek agtergekom dat toustaan nie ‘n tydmors oefening is as ek in daardie “toevallige oomblikke” God se lig laat skyn nie. Ek het geleer dat God juis werk in al die “onbeplande oomblikke” in my lewe. Ervaar jy dit ook so? (Stephan Joubert)




