Om op water te loop (1)

walking2109

Hier is ‘n paar dinge oor op-die-water-loop:

walking2109(1) Almal het ‘n skuit. Jou skuit is daardie ding wat jou die grootste gevoel van sekuriteit en magsposisie gee; dit waarin jy jou vertroue plaas, veral wanneer die lewe stormagtig raak. Jou vrees sal jou vertel wat jou skuit is. Vra jouself af: “Wat is ek die bangste om te verloor – as ek in geloof moet waag?”

(2) Jy moet jou oë op jou Redder vestig; nie op die storm nie. Petrus het gesink toe hy “hoë golwe” rondom hom gesien het. Ons almal weet hoe dit voel om hoë golwe rondom ons te sien. Jy pak ‘n nuwe avontuur aan; dit mag ‘n beroep wees, of ‘n nuwe verhouding. Aanvanklik is jy vol hoop en sien net blou lug, maar dan tref die realiteit jou. Terugslae. Teenstand. Finansiële uitdagings. Die lewe is vol verrassings, maar moeilikheid betrap ons steeds onkant. As gevolg van die hoë golwe, verlaat party mense nooit hulle skuit nie. Maar die waarheid is dat jy nooit sal weet of jy enigsins veiliger in jou skuit gaan wees nie. Daar is risiko om elke hoek en draai! Die beste krieketkolwers mis die bal 2 uit elke 3 keer, maar as jy nie op die veld uitstap nie, sal jy nooit die vreugde van jou eie honderdtal smaak nie. As jy in die skuit leef sal jy weldra ook in die skuit sterf, en wonder wat jy met jou lewe kon gedoen het as jy maar net bereid was om uit jou skuit te klim.

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top