
Selfs al kom jy nooit by die groot dinge uit nie, kan jy groot vervulling kry deur die regte dinge te doen. ‘n Leier skryf: ‘Min het ek geweet dat, toe ek begin om vir ander van betekenis te wees, dit vir my van betekenis sou word! Nou verstaan ek. Ons behoort nie iets te ontvang sonder om te gee nie en ons kan nie gee sonder om te ontvang nie.’ Feit is, jou droom is waardeloos as dit nie vir ander tot seën is nie.
President Woodrow Wilson het gesê: ‘Jy is nie bloot hier om ‘n lewe te maak nie. Jy is hier om die wêreld ruimer te laat lewe; met groter visie; met ‘n fyner gees van hoop en verwesenliking. Jy is hier om die wêreld te verryk, en jy verarm jouself as jy die opdrag vergeet.’ ‘n Ou Midde-Oosterse seëngroet lui: ‘Toe jy gebore is, het jy gehuil en die wêreld het gejuig. Mag jy so lewe dat wanneer jy sterf, die wêreld sal huil en jy sal juig.’ Dit sal gebeur as jy leef volgens die skriftuurlike waarheid: ‘Om U wiI te doen, my God, is my een begeerte.’
Bron : Radiokansel



