Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Bestand teen verwerping
Het jy al ooit gewonder hoe enigiemand jou kan liefhê? Vir baie van ons word hierdie vraag ‘n selfvervullende profesie. Omdat ons so bang is vir verwerping, beskerm ons onsself deur:
(a) Te sweer dat ons nooit weer iemand naby genoeg aan ons sal laat kom om ons te kan seermaak nie. Dit klink na ‘n goeie teorie, maar wanneer ons ander uitsluit, sluit ons onsself toe, en ly al ons verhoudings daaronder. (b) Ons beste ‘gevegsgesig’ aan te sit. Wie het in elk geval ander mense nodig? Die resultaat is dat niemand aan ons eise kan voldoen nie. (c) Ander te verstoot. As dit voel asof ons verstoot word, verbeel ons onsself dat ons aangeval word – al is dit nie die geval nie. Dus trek ons ons bokshandskoene aan en begin om links en regs mokerhoue uit te deel. (d) Te probeer om deur gunste aan ander te bewys, versekering uit te neem teen verwerping. Of om verdraagsaam in ‘n verhouding van mishandeling te bly omdat ons dink dat dit al is wat ons verdien, en dalk selfs ons laaste kans op liefde is. (e) Oefen om perfek te wees. Hou op daarmee! God het jou alreeds onvoorwaardelik lief. Menslike standaarde wissel soveel dat jy nooit almal gelukkig sal maak nie, dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie.
Terwyl jy met ‘n lae dunk van jouself lewe, gaan jy aanhou om die verkeerde mense na jou toe aan te trek. Luister hierna: “Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook,” (1 Joh. 3:1, NAV). Dit is maar net die begin: “Ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees,” (1 Joh. 3:2, NAV).
Wanneer jou selfbeeld gegrond is op dit wat God van jou dink, dan sal jy ontdek dat jy ‘n unieke en wonderlike mens is wat deur God gemaak is.
Sommige van die vernaamste Bybelfigure het hulself as 'ongekwalifiseerd' beskou. Moses het gesê dat hy nie 'n goeie spreker is nie. Gideon het geskerm dat…