
Daarom het God ingestem dat satan vir Job toets, maar beperkinge gestel op hoe ver hy mag gaan (Job 2:6). Daar is tye ‘Wanneer die teëstander aanstorm soos ‘n rivier…’ (Jesaja 59:19 NV) om jou gedagtes aan te val, jou huwelik, jou bediening, en enigiets wat God in jou lewe gebring het.
Wanneer dit gebeur, sê Jesaja, ‘…jaag die Gees van die Here hom op loop’ (Jesaja 59:19 NV). As jy by breekpunt is en niks meer kan hanteer nie, bou die Heilige Gees ‘n muur van Jesus se bloed en beveel satan, ‘Tot hier toe en niks verder nie!’
Paulus sê: ‘In alles word ons verdruk, maar ons is nie teneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie vernietig nie’ (2 Korintiërs 4:8-9 NV). Daar’s ‘n muur van beskerming rondom jou.
Daar’s ook ‘n tyd vir verlossing. ‘Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp’ (2 Korintiërs 6:2 NV). God sal tussenbeide tree.
Die Psalmdigter het gesê: ‘Vêr uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op ‘n rots waar ek veilig sal wees’ (Psalm 61:3 NV).
Wanneer jou middele uitgeput is en jy verwag om te sink, sal God ‘n toevlug bied waar jy goddelike beskerming geniet. Kyk net na die hemel.
Bron : Radiokansel




