Mr Fischer

peter-fischer

Mister Ficher, Mister Peter Fischer was ‘n regte Engelse heer, met ‘n swaar Skotse aksent het enige nuwe boertjie in Kimberley gesukkel om hom altyd te verstaan. Maar hy was ‘n regte ou gentleman. Tee gedrink stiptelik om vier uur, ‘n very prim en proper omie.

Charles Young en Arno Brand was die stout manne, ek, nog ‘n pip-squeak op daardie tydstip, het nog nie in die lewe ontwaak nie. Ek kon derhalwe ook geklassifiseer word as “gereserveerd”. Arno was eintlik baie moedswillig. As hy eers by jou kantoor ingekom het en gevra het jy moes vir Mr Fischer bel, moes jy weet dat terwyl Uncle Peter uit was het hy (alweer) sy telefoon ge-booby-trap met ‘n klapper.

So besluit Mr Fischer mos om oorsee te gaan vir ‘n maand. Fout wat hy maak besluit hy dat Arno na sy voertuig moes kyk vir die periode. ‘n Hele oggend lank word Arno geprep vir die oorhandiging van die motor. Hy mag nie aan die luidspreker verstellings raak nie, want Mr Fischer het ‘n hele Saterdag gespandeer om die klankharmonie perfek in te stel. Hy mag nie meer as 90 km per uur ry nie, want die motor se enjin is ek-weet-nie-wat-nie. Hy mag nie dit nie en hy mag nie dat nie. Arno laat ook nie op hom wag met ‘n ritmiese, “Yes Mr Fischer…. Yes Mr Fischer”, nie.

Mr Fischer het skaars sy kantoordeur toegetrek, of Arno is doenig in die motor. Klank word na sy smaak heringestel. Die motor se enjin word ge-rev en wie weet wat alles nie aan ons geopenbaar is nie.

Die hele maand wat Uncle Peter met sy stiff upper lip Engeland deurkruis het met sy gentleman maniere, is Arno besig om die teenoorgestelde komplimente aan sy motor te betoon op die Noordkaapse lang en reguit paaie. Alles presies soos Mr Fischer vir hom vertel het dit NIE gedoen moes word nie.

Met stoute oë, kom Arno by my kantoor ingestap. Hy vertel toe Mr Fischer sy motor na die maand weer in ontvangs neem en wil wegtrek, spin hy glads die motor onder in die parkeerarea! Die beste sê hy, was Mr Fischer se prim en proper gesigsuitdrukking!

Wanneer ons geestelik begin swaartrek en dit lyk asof ons probleme ons wil verswelg, dan is dit juis die tyd wat ons dieper in die Woord moet delf. Dis waar jou geloof gebou word, dis waar jy ‘n teksvers raaklees wat die Here dan gebruik om jou  deur Sy Gees te bemoedig. Jy mag dalk nie lus wees om te bid nie, en glo my die Here verstaan dit ook en sal jou beslis nie daaroor verkwalik nie. Hy sal Homself weer laat vind. Maar laat jy toe om geestelik afgesny word van die Here, dan trek mens regtig swaar.

Kyk ook rondom jou vandag. Is daar dalk iemand wat vandag vir jou nodig het om vir hom of haar in te tree by die Here? Dalk net te bemoedig met ‘n SMS of sommer net ‘n “bytvas” oproepie?

Delf in die Woord, soek na die Here se lewende opbouende woorde, sodat jy ook jou geestelike enjin so ‘n lekker spin kan gee.

Johann

Scroll to Top